diff options
Diffstat (limited to '16543-8.txt')
| -rw-r--r-- | 16543-8.txt | 2662 |
1 files changed, 2662 insertions, 0 deletions
diff --git a/16543-8.txt b/16543-8.txt new file mode 100644 index 0000000..45c8b0d --- /dev/null +++ b/16543-8.txt @@ -0,0 +1,2662 @@ +The Project Gutenberg EBook of Trekkerswee, by J.D (AKA Totius) du Toit + +This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with +almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or +re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included +with this eBook or online at www.gutenberg.org + + +Title: Trekkerswee + Met tekeninge van J.H. Pierneef + +Author: J.D (AKA Totius) du Toit + +Release Date: August 18, 2005 [EBook #16543] + +Language: Afrikaans + +Character set encoding: ISO-8859-1 + +*** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE *** + + + + +Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online +Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net + + + + + +[Illustrasie: Voorblad] + + + + +Totius +Trekkerswee + + +Met tekeninge van +J.H. Pierneef + + +Tafelberg + + + + +INHOUD + +'n Woord van Inleiding + +Silwer Strale 1 + +Goue Gode 31 + +Groue Grawe 59 + + + + +'n Woord van Inleiding + +Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburg +nou lê. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter, +gaan woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grond +gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. +Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem +en Dina trou. + +Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die +opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en +Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor hulle beswyk. +Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog. + +Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand +gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina. + +Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hier +nog byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl. +Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys vir +letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdie +gedig toegeken. + +[Illustrasie: "Verlore-klein lê op die Rand / hul huisie in die +trekkersland."] + + + + +Silwer Strale + + +I + +Dis heuwels, heuwels, heuwels net +sover 'n mens se oog kan speur; +grasheuwels waar ook riwwe gaan, +met enkele stroompies tussendeur. + +Daar is geen hoë berge nie, +want hoog is daar die wêreld self; +en luggies waai daar dun en fris, +of dit stroom uit die blou gewelf. + +Die baie dale en klowe wat +die hoogland kruis en dwars deursny, +bied winterskuiling vir die vee +wat anders al te koud sal kry. + +En as die eerste rypies val +trek bosveld toe wat kan, +om daar in lekker warrem son +hul winterlaers uit te span. + +Maar somers is dit heerlik op +die Rand; dan lê in sonnegewaad +die heuwels soos ramme te sluimer-slaap +langs strome wat lag en praat. + +Dan reën die wolke somaar as +hul swaar skuif oor die hoë land, +en die dak van Transvaal se geute spuit +die water weg na alle kant.-- + +Dáár in die hoë wildheid met +sy huppelende heuwelskoon +het jarelank 'n trekker met +sy vrou en kind alleen gewoon. + + +II + +Verlore-klein lê op die Rand +hul huisie in die trekkersland; +dit is 'n stip net in die wei-- +die rietedak en muurtjies van klei. + +Daarlanges lê die beestekraal, +waar smiddags doodse stilte daal +as kalfies, in die son gebraai, +die vlieë van hul kop lê waai, + +so dom-gerus; en bly-ontsteld +eers opspring as uit ruie veld +die koeie aandraf wat met hul +geloei die awendstond vervul. + +'n Bietjie verder van die huis, +waar mielieblare helder ruis +as windgeroer hul sanggeluid +hef bo die dowwe velddreun uit, + +lê laer af, 'n klein vierkant, +die rooi geploegde akkerland +waaruit die boer by goeie jaar +sy mielies, ál sy graan vergaar. + +'n Enkele perske, aan die lug +gewénd, dra daar sy goudgeel vrug, +en bied, gedroog, in wintertyd, +'n skaars-verkrygbre soetigheid. + +Dit is die plasie wat daar leg, +só rustig in die wydte weg-- +'n koninkrykie op homself +waaroor 'n helder hemel welf. + + +III + +Nou ry 'n ruiter oor die rant. +Die bodeur 's oop al as hy kom; +net die onderdeur se werwel draai +'n vrouehand by die aanklop om. + +Sy groet as sy hom binnelaat, +en vra hom wat sy wense is: +hy moes maar bietjie sit as sy gaan +om pa te sê dat daar mense is. + +Sy skuif verby met mooie buig +en stap met ligte voetstap weg. +Die vreemdeling sien skrams nog net +haar volle wese en hare-vleg. + +'n Glimp, 'n glans, 'n gouigheid, +nes of 'n gees verskyn. +Maar nooit sal in sy lewenstyd +dié ligbeeld uit sy siel verdwyn. + +So half-verleë, asof bespied, +laat sy haar hande strelend gly +oor halme wat in volle saad +hul hooghef aan haar wedersy, + +en saai 'n handvol grassaad heen, +denkend so in verbygaan dat +by seëning van wind en reën, +'n enkele wel sal wortel vat. + +Intussen kom haar moeder met +'n lekker koppie koffie aan; +sy sit gesels en sien haar kind +al verder na haar man toe gaan. + + +IV + +Hoe lyk dit of die plasie so +allénig in die wêreld leg? +Is daar geen ander plase omheen-- +naby en verderweg? + +Ek sien daar nog geen telegraaf +of kronkelende spoorwegbaan; +geen stofferige heuwelpad +wat na die trekkerswoning gaan. + +Net oor die werf, met kweek deurwas, +lê duidelik in kronkelspoor-- +so loop die mens se voet altyd-- +die voetpad na die watervoor. + +En verder, aan die werf se kant, +juis waar die hoë halme waai, +sien ek 'n tweelingstrepie wat +bevallig deur die velde swaai. + +Die tweeling-spoortjies, so gering, +met die maanhaar tussenbei, +is die kompas wat trekkersboer +deur skraal bewoonde streke lei. + +Dit is sy seker spoorwegbaan, +meteens sy wisse tel'graaflyn, +waarlanges gaan sy tripp'laar en +sy stadige ossewa-trein. + +Wanneer die land kom in gevaar, +dan sien jy langs die lyntjies gly +'n wakker stoet van burgers wat +op wakker perdjies ry. + + +V + +Die moeder kyk maar al weer uit, +die tyd begin nou lank te val;-- +daar is haar dogter by haar man, +en ja, daar kom hul al!... + +"Dag neef! Is dit die oudste seun +van buurman Koos miskien? +Ek het hom so 'n dag of wat +vir die eerste keer gesien." + +"Oom ja, en pa laat vra om saam +in een geselskap op te trek: +alléén sal ons te vreemd ons voel +op Perdekraal se saamkomplek." + +"Sê vir jou pa dis goed, my neef. +Kom maar die middag bietjie vroeg, +dan ry ons nog 'n aandskof en +is daar die môre vroeg genoeg. + +"Kyk, daar is Perdekraal, +daar waar die laaste heuwels rys." +Oom buig hom oor die onderdeur +terwyl sy vingers wys. + +"Wel, oom, dis goed, ons sal so maak." +Dan sal hy ook maar weer vertrek. +Hy gooi die teuels oor sy perd +en ry weer oor dieselfde nek. + +Bo-op die nek loer hy verlaas +versigtig nog na agter om, +of hy nog iets kan sien, maar nee, +die nôi het nie weer uitgekom! + + +VI + +o, Die eensaam-huiswaartse rit, +en die eerste gedagtes aan haar! +Dit is die eerste keer dat hy +die uitdraai-paadjie nie gewaar... + +Hy is verdwaald, en dis al aand... +Sy droomgedagte is skielik weg, +maar nou sit hy 'n plan te maak-- +wat, tuisgekom, te seg. + +Sy mense sit aan tafel as +hy inkom met 'n stram gesig +en kort en goed sy boodskap doen +met oë op sy bord gerig. + +"Maar, Willem," vra sy suster hom, +"wat kom jy dan vanaand so laat? +Het jy heel-middag daar gesels +en so jou tyd verpraat? + +"Ma, hoe lyk Willem vir my so snaaks? +Hy is tog dalk nie doodgegôi +geraak nie in die stilligheid +op die Transvaalse takhaarnôi?" + +"Bly stil!" so sê hy nukk'rig-kort, +"Die oom daar was eers vér opsy, +en by die huistoe-kom het ek +verkeerde pad gery."... + +Nou word dit langsaam stil aan tafel, +stil word die borde- en messeklank. +Die vader lees 'n stukkie nog, +en sluit met lof en dank. + + +VII + +Die donserige maanlig-nag +die daal so sag, so sag +al op die huis en werf en plaas +waar net maar één hou wag. + +Oom Koos se huisgesin het weer +van werf en werk teruggekeer; +en maanlig-nag lê van sy pluim +op elke oog 'n donse-veer. + +Die mense-gees, vry in sy lug +van onbegrensde wêreldvlug, +keer in die donker liggaamshuis +ook weer terug. + +Dan gaan die deurtjies almal dig; +dan worstel daar by halwe lig +die hart wat waak +en wat die droomwerk moet verrig. + +Net Willem slaap vannag nie gou. +Hy loer hoe deur sy raampie nou +die maan 'n sagte lig laat val +of buite lag oor trane-dou. + +So voel hy hom: weemoedig-bly. +En ook so rein, so rein daarby, +soos maanlig wat met blanke voet +oor pêrels van die dounag gly. + +In slaap sink hy dan eind'lik weg; +hy hoor die woord weer wat sy seg; +hy sien haar gaan weer oor die veld; +hy sien ook weer haar harevleg. + +Sy slaap duur tot die son hoog skyn, +die maan laag aan die lug verkwyn, +beeld van sy droombeeld wat +nou bleekrig weer verdwyn. + + +VIII + +o, Die oggendstond op 'n boereplaas! +Daar trek al op die eerste rook. +Hul het gistraand die vraag beslis +wie se beurt of dit môre is +om ketel te kook. + +Die môrester het opgegaan; +daarbinne roer al een; +daarbuite bly die rokie draai, +omdat daar nou geen windjie waai +deur vroeë môrewêreld heen. + +Die haan het op sy beuel geblaas; +hy spring al van sy tak; +'n mens sal sê dat hy die baas +(so stap hy) is van werf en plaas, +en die transport dra in sy sak. + +Hom volg sy vriend, die kallekoen, +'n oue towenaar: +hy worstel met sy slange wat +hy nukk'rig teken in die pad +se stof, met duister vlerkgebaar. + +Die kraalvee is al moeg gelê; +hul rek die groot, stram lywe uit. +Daar kom die Kaffer ook al aan +wat koulik oor die douveld gaan +en eers die kalwerhok ontsluit. + +Sy emmer ruis van pure musiek, +so vloei dit nou uit volle speen; +musiek ook vir die kalfie als +hy kort-kort om sy moeder wals +op nog onvaste horrelbeen. + +Maar kyk hoe staan die osse met +groot oë na die hek te tuur, +totdat die laaste hinderpaal +word uit die mikstok uitgehaal +waaraan hul saans hul lywe skuur. + +Die son gaan op, die vee verdwyn. +Net in die onverstoorbre vert' +'n ossespan stap voor die ploeg, +en agteraan die man wat swoeg +by 'n rukkerige stert. + +Die môre smelt weer met die dou, +die vrede alleen bly soos dit was. +Net 'n hen spring van haar eiers af +met groot geraas, en die brakhond blaf +vir die enkele kuiergas. + + +IX + +Binne die huis is dit vandag +nie al te rustig, want +moeder en dogters moet bak en slag +vir die groot fees van die land. + +En dan--die Kaffers is so baar! +"Daar staan die brood al uitgerys +en die oond is koud! Dis werklik waar, +'n mens moet hul ook alles wys." + +"In die ou Kolonie had jy nog +oorlamse skepsels wat gou-gou leer. +Wat het my man met die lang tog +in vredesnaam makeer?" + +Maar die dogters staan hul moeder by +met opgestrookte arm: +dit knee die deeg en maak pastei; +en die oond is ook al warm. + +Die jong goed kan nie so ernstig wees +of 'n grap word tussendeur gegôi. +"Hierdie tert is nie vir die fees, +maar vir Willem se takhaarnôi." + +Net sluip weer Willem deur die kombuis +langs 'n skemerdonker hoek. +"Willem, wat loop jy so deur die huis +nes 'n hoenderhen wat lêplek soek?" + +Hy swyg; verdwyn weer ongemerk; +hy's met die saak verleë: +die vrouens wat die wee bewerk +(so dink hy) spot daarmee. + + +X + +Die tyd van trek die kom weldra. +Daar gaan oom Koos se ossewa, +blou-bont geskilder; hoor hoe raas +die wiele op pad na oom Gert se plaas. + +Al dadelik van die staanplek af +dril die osse-lywe soos hul draf. +Die vrouens roep: hul skud uit lid, +só ruk en rammel dit. + +"Hôi, Willem, hou nou op met klap! +Wat wil jy?... Laat die osse stap." +So roep oom. "Watter haas is daar? +Die middagson sit nog wie weet waar." + +Dit help so effentjies, maar dan +praat Willem weer bo die rooibont span, +en die ossedier, so stroef en stil, +voel gou-gou wat sy drywer wil. + +So kort-kort teen 'n opdraand blyf +die kettingtou nog taamlik styf, +maar anderkant-af swaai dit somaar slap +as die osse weer raak uit maat en stap. + +Hul is te veel, maar oom wil tog +ook bietjie met sy beeste spog. +En dan, dis so armoedig om +met so 'n paartjies daar te kom; + +dáár by die plaas, daar by die fees +waar soveel mense saam sal wees.-- +Oom Gert se plasie haal +hul as die son nog wakker straal. + + +XI + +Ek hoor van vreemde lente melde +as sangtyd wat genaak, +wanneer die voëls in bome-velde +singend hul nessies maak. + +Maar hier's geen sang in hoë twyge +as skat van lentetyd, +maar oral diep en ernstig swyge +van velde kaal en wyd. + +Ek hoor van vreemde lente melde +as tyd van blommegeur, +wanneer veldblommetjies die velde +versier met tint en kleur. + +Maar hier bloei hul in klein alleenheid, +in aarde dor en vas; +by ons is dit àl golwende eenheid +van velde enkel gras. + +Só stil eenvoudig in sy worde, +so sonder klank of praal, +kom hier die lente in ryp-verdorde +geweste neergedaal. + +Tog is ons lief sy eerste sprietjies, +die grassies aan ons voet; +tog leer dit ons weer nuwe liedjies +van taaiheid en van moed. + + +XII + +So het eenselfde lentelewe, +eenvoudig, diep en waar, +twee stille wesens sag omswewe-- +vir Willem en vir haar. + +Daar was geen danse of sangerskore, +geen klank of kleure-gloed; +net liefde stil dié dag gebore +by simple boere-groet-- + +Nog gaan in droomnag stil sy skrede +na simple boerehuis; +oom Gert se plasie is sy Eden-- +sover haar voete ruis. + +Die kalwerhok is dan die plekkie +waar hy so graag sou staan +om, loerend deur die klipkraal-hekkie, +haar heeldag ga te slaan. + +En nou ... hy kan dit skaars gelowe, +sien hy haar wese weer, +net soos 'n lenteson daarbowe +skaamrooierig en teer. + +En nou ... sy gaan met hulle same, +sit op die voorste wa, +terwyl hy roep die osse-name +met sweepslag agterna. + +En nou ... hy sien haar liewe kappie, +gestik van enkel sis. +En straks ... doen hy 'n klein vriendskappie +as hul gelaer is. + + +XIII + +Die vuurtjie brand +hoog langs die heuwelrif. +Die duisternis bedek die land, +maar dis 'n duisternis waardeur +die maan se melkies sif. + +Die vlamme dans +vrolik in vuurge kring. +Die mense sit 'n krans +en luister swygend na +die keteltjie wat sing. + +Dit is die trekkersboer +se late lied wat wek +sy hart en diep hom roer. +Dit is sy vroeë môresang +wanneer hy verder trek. + +Geen dans in woel'ge saal, +geen lied van danseres +bied hom 'n blye onthaal +wanneer hy eensaam is-- +geen drank uit volle fles. + +Sy vlamme dans en spring +al rond die ketel-boom; +sy ketel praat en sing +en skink hom in die drank +wat die ure laat verdroom. + +Sy keteltjie is swart +al in sy diens gebrand: +die trooster van sy smart +die bly hom trou wanneer +hy soek 'n vaderland. + +Die spoor lê oral in +die ronde hopies as; +en telkens as die dag begin +dan swaai dit by die voorwiel, met +'n voorslag-riempie vas.-- + +Die vlamme dans +nou rond in vuurge kring. +Die mense sit 'n krans +en luister swygend na +die keteltjie wat sing. + +Hul aandag span +nog meer wanneer oom Gert +vertel die storie van +Hendrik en Lettie en +hoe gou hul twee geskeie werd. + + +XIV + +"Hul twee is lammers van een jaar, +hul huppel op een werf, +tot arm sy vader trek vandaar +en swerf. + +"Beloftewoord, en dan niks meer. +En ... harte in pyn en hoop, +wyl ryke minnaars kom maar weer +om haar hart te koop. + +"Die jaartal skuif so traag. +Gerug van sonde tot haar kom. +Totdat hy bewend waag... +hy is weerom. + +"Hul leed blyk dan 'n wolk so rein. +Op huweliksdag +'n soete oorwinningsvrede skyn +in purperprag. + +"Maar--die oorlogswoord roep haastig rond. +'Ag, Hendrik, hoe's ons droom so kort!'-- +Liefs kort gedroom, as Britse grond +en slawe word.' + +"Sy swyg. Sy perdjie huppel al +na Laingsnek weg. +Hy sink met wein'ge in Natal +om ver te veg. + +"Dis duisternis en stille nag. +'My vriend, ek sterf by die eerste lig,'-- +so spreek hy sag, +'maar Lettie wag haar eerste wig. + +"'Laat sy my verre graf hom wys +en eewge trou laat sweer.' +Hy sterf--die dure prys +van vaderland en eer.-- + +"'n Moeder veeg haar trane af. +'n Kinderhand die kransie hou. +Hul staan voor 'n gesonke graf. +Dit was die eerste daad van trou." + + +XV + +Die nag is heen, die môre is grys; +'n plaat van tente en waens wys +waar Perdekraal se steenhoop rys + teen hoë hange. + +Daar staan hul aan die grond gepénd +die geweltjies so mooi orent-- +die eie maaksels, tent aan tent, + in suiwer range. + +o Trekkersvolk, my hart ontgloei! +Ek sien hoe jul die vreemde boei +verbreek het, om dan uit te bloei + tot eie nasie. + +Nie net 'n eie vaderland, +nie net 'n eie vlag geplant, +maar àlles maak van eie hand-- + geen imitasie! + +Hoe lê die tentseil, baan aan baan. +Hoe wakker bly die nokke staan. +Die klappies netjies oopgeslaan-- + mooi eenheid same. + +Sy staan daar by die wa se as, +die huis van doek, so lossies-vas, +skoon nes in môredou gewas-- + 'n blanke dame. + +Twee lang wit kappe in die veld: +'n wa en tent daarnaas gesteld, +tweeheid tot eenheid saamgesmelt + in sware stonde. + +Die wa--'n sterke man is hy; +die tent--'n taaie vrou is sy. +Jul het die nasie uitgelei, + sy boei's ontbonde. + +Lig op haar voet net soos die ree +en trekkend met die trekker mee +bied sy hom tog 'n vaste stee + in angs-geweste: + +as wolkbreuk beuk die witte wand, +die sonstrale op die nokke brand +of nagdier sluip oor donker land, + 'n veil'ge veste. + +En as sy wa nie verder dring, +hoor ek by wind haar fladdering +die lied van boerbeskawing sing, + stemmig-tevrede. + +Dan word haar seile trou bewaar: +by feesdag net span sy 'n laer +en straal haar seile dankbaar daar + van groot verlede. + + +XVI + +Oom Gert en Koos die sluit hul waens +vas aanmekaar aan die buitekant +en in 'n lyn met al die waens +wat reeds in rye staan geskaar +uit die omtrek van die Rand. + +Die lang grys wasems van die nag +lê soos 'n slangrug in die dal; +dit is die misdamp van die reën +wat in Desember langs die Rand +oorvloedig val. + +Daar in die miswolk dryf die kiem +van perdesiekte, sê hul, rond, +maar mens en bees, waarvoor die Heer +die nuwe land gemaak het, is +gesond. + +Reg-bo die vuurtjies van die laer +styg stil omhoog die ligblou walm, +en nou die son weer op wil gaan, +styg uit 'n tent nog hier en daar +'n laaste psalm. + +Die osse word al losgemaak +en veld toe aangejaag; +'n Kaffer stap hul agterna +wat aan 'n stok sy velskoene en +'n haarge knapsak draag. + +'n Enkele hamerslag weerklink +van die wat laat kom, maar +die meeste burgers is gereed +en staan die landsaak te bespreek +in klompies bymekaar. + +Die vrouens maak die brekfis al-- +die tweede ketel sing; +hul loop tent in tent uit en koes +gramstorig vir die braaivleis-rook +wat trane in hul oë bring. + +Straks gaan hul, of dit kerk is, in +hul Sondagspak geklee +na die vermaarde steenhoop heen; +'n ieder neem sy kerkboek en +sy riempies-stoeltjie mee. + +Die predikant laat sing; hy lees +en hou 'n nasionale preek. +Dan vra hy ook nog vir oom Gert +wat oral saamgetrek het, om +die landgenote toe te spreek: + + +XVII + +"My landgenote, julle weet +hul het in Kaapland, vroeg en laat, +'n valse vryheidsleer verkondig; +jul weet die Kafferbendes het +met roof en moord en skelmery, +die grensbewoners daar versondig. + +"Ons het getrek, eers na Natal, +tot aan die see wat vir ons was +'n tweede en wilder Onbekende; +maar nooit het trekkers moed of lus +gehad om na die wildernis +hul dapper trekkersvoet te wende. + +"Hul het daar deur die duinsand heen +hul waens gedryf, en tot vandag +staan daar die boerenaam geskrywe. +Ons vyande 't ons daar gevind, +ons uit-oorlê of aangeval, +en uit dié Kanan weer verdrywe. + +"Ons laat aan Kaffervolk en Brit +die mooiste deel van Afrika +wat slinger langs die strande. +Ons het gekies, om vrede vir +ons voet te vind, die wildernis +en altyd skraler binnelande. + +"God het ons eers gelouter en +laat wraak neem op Dingaan +se duisternis van Soeloe-horde, +dat ons daar in die nuwe land, +nes uit 'n smeltkroes voortgekom, +'n Gode-dankbaar volk sou worde. + +"En later toe die Engelsman +ons weer gedreig het en gedruk, +het ons die steenhoop dáár vergader. +Hier van Transvaal se hoogaltaar +het ons ons harte opgehef +tot God Almagtig, onse Vader. + +"Jul weet hoe God gered het. Dink +aan Laingsnek, aan Ingogo en +aan Amajuba's hoë kranse. +Wee ons as ons weer God vergeet, +soos Israel by Sinaï, +met wilde afgodsdanse! + +"Dan sal die steenhoop ons verkla. +Ek roep tot my getuie aan +die hemel en die heuwelrande! +Dan sal ons hiér moet kerm en klaag, +en rondom hiérdie heil'ge plek +die tekens sien van al ons skande!" + + +XVIII + +Die fees het weer verbygegaan-- +na alkant sien mens waens, soos +die boere in klompies weer vertrek... +Hoe wakker staan die swepe-ry! +hoe daal hul, en die voorslag klap +om die osselywe op te wek! + +Nie lank nie of daar is weer fees; +nou in oom Gert se huisie, waar +Willem en Dina samestaan... +Voordat die mense skei, vra nog +die predikant dat hul sal hoor +hoe hierdie bruilofsliedjie gaan: + + +XIX + +_Bruidegom_ + +"Ek is 'n boerebruidegom +wat uit die ou Kolonie kom. +Ek is geen kind nie van die Trek, +maar my hart sit op die regte plek; +daarom het ek my vasgebind +aan 'n egte, egte trekkerskind. + +_Bruid_ + +"Ek is die egte boerebruid, +uit die egte takhaarwêreld uit. +Maar ek kon my tog so goed gedra +dat 'n kolonis my hand kom vra! +Ja, die ou Transvaal is nie so sleg +as wat die mense dink en seg. + +_Bruidegom_ + +"Ek is 'n boerebruidegom +wat met my ganse rykdom kom. +Ek het geen geld nie op die bank; +maar het 'n wa met suiwer klank, +twaalf rooies, jukke en rieme klaar, +en ek makeer nog net vir haar! + +_Bruid_ + +"Ek is maar net 'n boerebruid, +en gee my vir niks anders uit; +geen jongman hoef hom te vergis, +want ek is net maar wat ek is. +Maar 'k het twee arrems, rond en sterk, +wat regstaan vir die huishou-werk. + +_Bruidegom_ + +"Ek is 'n boerebruidegom +wat net maar na die bruilof kom +met stewels, en ook net dan dra +die laken-pak en keil van pa. +Anders is hul my lyf te veel +en is dit velskoen en ferweel. + +_Bruid_ + +"Ek is maar net 'n boerebruid. +Ek dra 'n kappie met 'n tuit. +Ek knip die tabberds wat ek dra-- +maar bietjie mooier!--moeder ná. +Net die één waar ek vandag mee loop +het vader by die smous gekoop. + +_Bruidegom_ + +"Ek is 'n boerebruidegom +wat met lees en syfer klaar kan kom, +en die kaart ken van Suid-Afrika +wat ek daarso in my koppie dra. +Wat anderkant die water, in +die wêreld is, raak my maar min. + +_Bruid_ + +"Ek is maar net 'n boerebruid, +ek laat nie my geleerdheid uit. +As hul oor politiek begin +dan luister ek en hou my in. +Maar 'k sal my kinders eendag wel +die storie van Transvaal vertel!" + +[Illustrasie: "Bo-op die grond rys al 'n stad / wat op die heuwels +skitter-blink."] + + + + +Goue Gode + + +I + +Dis heuwels, heuwels, heuwels net +sover 'n mens se oog kan speur; +dis of voorheen 'n monsterploeg +die wêreld hier wou stukkend skeur. + +Ja, God se ploeg het hier geloop +in wentelkrag van vloed en vuur +toe heel die hoogland omgekeer +is in die aard' se wordings-uur. + +Die reuse-sooi van daardie ploeg +'n berg was of 'n hoë rand; +en elke voor daaragter was +'n vrugbre moot of akkerland. + +God se almagtige Hand het toe +daaroor gegaan met groot geswaai, +sodat 'n ganse goudveld is +in die aard se boesem uitgesaai. + +Daarna het Hy die eeugety +stil oor sy akkerveld laat duur, +sonder dat een die geelblink vrug +versamel in sy voorraadskuur. + +Geen Babilon se reusebeeld +is uit die goudsaad saamgesmelt; +geen wêreldstad se grootheid het +geskitter oor die heuwelveld. + +Net Kaffervoete 't daar gegaan +wanneer hul hordes vlug of veg; +en die ondier het gelaer waar +die skatte van die wêreld leg. + + +II + +Die taal van berge en rante is oud. +Ek sien die letters voor my staan, +die skeure omlaag, die kranse omhoog; +maar dis 'n skrif wat nooit vergaan. + +Die taal is geskrywe met letters +van kranse en klowe en rif; +dit lê oop en bloot op die wande, ... +maar niemand ontraadsel die skrif. + +Die kranse en klowe is woorde +tot reuse-sinne vereen, +en die stippels en strepe daartussen +is tot massas rotse versteen. + +Dit is die taal van skeppings-dae, +die taal ook van die sondvloed-tyd, +waarby die late mens verbysterd +staan klae van onwetendheid... + +Spreek daardie taal van hoë waters +teen hoë bergwand uitgeslaan, +en van opdrifsels eeue later +tot kransversténing oorgegaan? + +Of spreek die taal van vuur se werking, +van vreselike wêreldbrand +toe berggevaartes op kom rys het +uit die aard se vuurge ingewand?... + +Die sleutel van pylskrif-figure +en hiërogliewe is gevind; +maar hier staan al die wyse same +onwetend soos 'n kind. + +So swyg ook stil die Rand se rante. +Ja, die skeppingstaal is al te oud!... +Of spreek hier gryse lettermerke +miskien al lank die woord van: Goud?... + + +III + +Nou loop 'n loper oor die Rand +wat rooi is in sy aangesig; +hy sien niks van die skone land, +maar hou sy oog omlaag gerig. + +'n Kaffer sukkel agter hom +en dra sy loodswaar pak: +'n vysel, stamper, pikswart kom +met goeters in 'n goiingsak. + +Hoor! dis geen vooros-klok gewis +wat lui op die anders stille Rand! +Die klankgeluid is anders, dis +die stamper op die vyselkant. + +Bo stugge rots--nog nooit getref +as deur die slag van donderweer-- +word nou die hamer opgehef +en mokerslag daal dreunend neer. + +Die rots word gruis; die gruis word stof; +die wasbak spoel dit om en om, +en delwers-oog speur rust'loos of +die goud-en ysterstrepie kom. + +Daar is dit! en hoe bly is hy! +Die goud-aar is oplaas geraak... +Die outa sien 'n os wat wei, +en dink: "Hoe lekker sal hy smaak." + +Die rots word nog 'n keer gestamp ... +en in die spoelkom omgewas. +Die delwer gaan dan na sy kamp ... +sy dienaar hurk daar by sy las. + + +IV + +Ons sien nou weer die loper loop. +'n Tolk en hy het keer op keer +met omhaalwoorde geprobeer +of hul oom Gert se plaas kan koop. + +Oom Gert was na Pretoria: +hy het hom met sy sorg gewénd +na die vaderlike president, +en dié het hom geantwoord: Ja. + +Maar ag, oom Gert se hart is swaar +as hy weer kom die bultveld oor; +daarbinne moet hy almaar hoor +'n stem so lastig, so onklaar: + +"My plasie is my Nabots-erf +wat met sy weiveld wiegel oor +die Rand. Moet ek dit nou verloor +vir Agabs, om dan rond te swerf? + +"Gewetenstem naas lotgeval! +Die stem is Jakobs stemklank, maar +die lewenslot 's die Esaus-haar, +en ek is blind soos Isak al!" + +So het hy lank gepeins, gewag, +tot hy oplaas dink: "Laat maar gaan." +Hul bied hom tweemaal duisend aan, +en daarmee is die koop volbrag. + +Oom Gert maak nog sy saak gewis: +hy vra net goudgeld en kontant, +en dat sy eie predikant +sal tel of hulle almal is. + + +V + +o Heilige nagte van voorheen +as die maanlig skaars in die huisie dring, +waar oom Gert lê waak, soos die psalmis sing, +om te peins oor God, + +die nagte nog lank, na skeppings-maak, +deur geen kunsglans nog verkort; +as die mens nog tyd het om wakker te word +en te peins oor God. + +Die vetkers het maar kort gebrand +om te lig oor die oue Skriftuur +wat die stof bied in die vroeë uur +om te peins oor God. + +Die siel doen soos die blomkelk dan +wat die blaartjies sluit by nag, +en stil-alleen op die son staan wag-- +so peins die siel oor God. + +Dit doen net soos die voël by nag, +wat die vlerk nie vliegend meer wil strek, +maar die koppie in die dons gaan dek-- +so peins die siel oor God. + +Dis doen en doen en nog eens doen, +totdat uit hoër, heil'ger oord +verruis die saalge stemmingswoord-- +as die siel stil peins oor God. + +Totdat 'n ligstraal na benee +val in die oog omhooggehou, +en die siel dan weer sy God aanskou-- +terwyl dit peins oor God. + +Dan voel dit weer aan wyding ryk +en beef stil opwaarts-heen +met groot verlange om nog +oor God te peins. + +Maar ag, nóú is oom Gert vol sorg, +en sy bed is vuur onder hom: +'n ander god het daar gekom, +en die naam van die god is: Goud. + + +VI + +Voorheen was in oom Gert se huis +'n sjieling net so skaars te kry +as in 'n bedelaar se kluis-- +en tog was daar geen armoed' by. + +Oom Gert se huis kos hom geen geld: +hy't self die muurtjies opgetrek, +die gras gesny op eie veld, +en toe met eie hand gedek. + +Die hout was geelhout wat gesaag +is in die Houtbosbergse kuil, +vandaar met moeite uitgedraag +en oral in die land verruil. + +Sy meubels is van eie maak, +en wie daarop gaan sit die voel: +dit is geen goed na vreemde smaak, +maar boer se eie bank en stoel. + +Wat op sy tafel kom is uit +sy eie tuin of uit sy kraal-- +daar's brood en melk, daar's boerbeskuit +en vleis, dit is die sober maal. + +Hul klere kies hul so gering, +dat hoë ruil nie nodig is. +Die smouse het dit rondgebring: +ferweel en tabberdgoed en sis. + +Ja, geld was skaars en goud was min, +maar min ook die onrus en gebrek; +daar was geen ryke of arme in +die land, niks wat die onrus wek.-- + +Hoe het die wêreld nou gedraai! +Hoe word oom Gert se vrees gewek! +Hy sien sy goed al opgelaai +en hoe sy wa weer noordwaarts trek. + + +VII + +"Kom kinders, ons moet trek, +want hier kan ons nie bly; +as ons hier langer bly, +sal hulle ons weer kry. + +"Ek het my grond so lief, +my vrye plaas en werf. +Vir hierdie plaas en werf +het ek voorheen geswerf. + +"Kom kinders, ons moet trek, +dit is die boer se plan, +en daar's geen ander plan. +Laat almal trek wat kan!" + +"Ag, vader, moenie trek," +sê Dina, "laat ons bly, +want waar ons trek of bly, +sal hul ons tog weer kry. + +"Ons kan nie immer trek, +ons kan nie immer vlug, +saam met die wild wegvlug +vir mensgerug. + +"Ons woon al lank so stil; +laat ons nou maar geniet, +met eerbaarheid geniet +van wat die wêreld bied." + +Wat sal oom Gert nou doen +om die onheil af te weer +as Dina haar verweer, +met sagte woord hom keer? + +"Ek voel 'n ding wat kom, +my binneste die werk +net soos die miertjies werk +wat verweg storm bemerk. + +"Nou ja, ons sal hier bly, +op die uithoek van die plaas, +van die ons ontvalle plaas +maar vér van stadsgeraas." + + +VIII + +Bo-op die grond rys al 'n stad +wat op die heuwels skitter-blink; +dit was 'n reeks van kampe eers, +getimmer uit hout en sink; +maar nou 'n wêreldstad meteen, +en massas delwers trek daarheen. + +Oom Gert het so iets nooit gesien: +die suiwer lug is troebel-vuil, +en helder stroompies van weleer +dam nou in donker modderkuil. +Die grond voorheen so skoon en rooi +is nou met steenkool-as bestrooi. + +Al bo die stad, en verder, sweef +'n swart-deurrookte deins'righeid; +dit lyk net soos 'n veldvuur wat +hom uitsprei oor die velde wyd. +En saans dan slaan 'n rooi gegloor +soos veldbrand al die heuwels oor. + +In boeredorpe het hul eers +'n kerk gestig op wye plein, +waarom vergader, hier en daar, +die grasdak-huisies, laag en klein. +Maar nou word eers, en wondergou, +'n groot hotel daar opgebou. + +Daar is geen Son- of Maandag meer; +dit vleg en kronkel deurmekaar, +en saans, nog lank na middernag, +het die gewoel nog nie bedaar. +Die wêreld maak oom Gert nou dom +wat selde in die stad meer kom. + +En as hy in die sonlig sien +hoedat die stad lê flikker-beef, +of saans bemerk die dof-rooi gloed +wat opwaarts na die hemel streef, +dan dink hy: 's Dit nie wat ek lees +van Babilon en van die Bees? + + +IX + +Die nuwe wêreldstad die lê +tussen die twee families in. +Een kant is Willem en oom Gert, +en ander kant daar boer oom Koos +nog met sy talryke gesin. + +Die wêreldstad lê tussen hul, +want, ja, die vriendskap is geskeur. +Is dit miskien die profesie +van wat op later dag nog met +die hele nasie sal gebeur?... + +Dina het Engels gou geleer, +en ook so mooi leer sing... +Sy het verlaas oom Koos besoek +om hom saam met sy huisgesin +tot vriendskap met die stad te dwing. + +Sy praat van meegaan met die stroom, +van nie so alles te vermy. +Maar nee, oom Koos het vas besluit +dat hy met sy geslag +op die ou-ou boere-pad sal bly. + +Sy sing oplaas vir hul 'n lied +om so hul harte nog te vang. +Oom Koos die volg dit met 'n sug +en dink aan beter tyd terug +wanneer hy hoor die mode-sang: + + +X + +"Stad waar die ligte newels swewe, +waar ligte luggies skitter-bewe; +stad op 'n hoogland uitgebou, +ver-sigbaar by die hemelblou-- +Johannesburg jy's waarlik ja +die glorie van Suid-Afrika. + +"Van digte donkerheid omgewe +het Boer en Kaffer hier gelewe; +hul kon die goudstraal nie ontdek +wat die beskawings-lewe wek; +geen boeretent of ossewa +kon lig bring vir Suid-Afrika. + +"Geen trekker bring hier nuwe lewe, +maar deur 'n hoër drang gedrewe, +kom pionier en delwer aan +wat goudvonke uit die rotse slaan. +Johannesburg die was weldra +die ligpunt van Suid-Afrika. + +"Johannesburg is hoog van strewe, +wat laag is word nie neergedrewe, +maar naturel en trekker-boer +word uit hul onkunde opgevoer. +Johannesburg is waarlik ja +die glorie van Suid-Afrika. + +"Johannesburg is hoog verhewe, +die koningin uit lig gewewe; +haar goue beeld sal wonders doen, +sal immer ophef en versoen. +Johannesburg sal steeds hierna +die glorie wees van Afrika!" + + +XI + +Blink is die saal van lampelig; +gloed-helder blink hulle aangesig. + +Warm is die saal van somergloed; +warm en onstuimig die hartebloed. + +En kringlend sweef daar bont deureen +die danseresse op ligte been. + +Maar Dina is die skoonste as sy +haar liggaamskoon in dans uitsprei; + +en Willem, die gewenste man, +sien van die kant die skouspel an; + +terwyl hom loof 'n kring van mans +dat hy só 'n vrou leen vir die dans. + +Daar word gebuig, gevra, geswaai, +die arrems in mekaar gedraai. + + * * * * * + +Dan rus oom Gert, in slaap gesink, +waar net Gods sterre in stilte blink. + +Rus?... Nee, hy sien op donker muur, +in helder letters van hemelvuur: + +"Geweeg, geweeg, te lig bevind!" +Dan roep hy: "Ag, my arme kind!" + +Sy vrou die stoot hom saggies aan, +maar berg ook self 'n snik en traan. + + * * * * * + +Dof word én saal én walsgeluid, +en langsaam gaan die lampe uit... + +Leeg is die saal... Op tafelblad +staan leë bottels in hul nat. + +En eind'lik, ná die sondenag, +staan weer daarbuite 'n ander dag. + + +XII [A] + +'n Warrelwind, die dagspook wat +so plots ontwaak, +en plots op straat of in die pad +sy dans-swaai maak-- +is hy nie soms die bode van +'n storm wat naak? + +Papiere, blare, voddegoed, +van stof deurdring; +geswaai, geruk, soos in 'n tregter +opgewring, +kry skielik lewe en asem, hul +dans in 'n kring. + +Is dit 'n gees, haastig gedaal +uit hoër lug, +wat van 'n naadrende onheil bring +die voorgerug?... +Kyk hoe die loom-lui stof geswind +sy voet ontvlug! + +Of is dit dalk 'n toorheks wat +puur uit 'n grap, +op straat al in die rondte wals +met ligte stap, +en met die voddegoed en stof +kalkoentjies trap?... + + * * * * * + +Rumoer'ge warr'ling langs +die stof-vuil straat; +binne die sinkgebou staan al +'n mense-plaat, +en op die platform staan 'n klomp +klaar om te praat. + +Uit alle wêreld-oorde saam +gewarrelwaai, +lyk hul oom Gert soos hane wat +staan koningkraai; +wanneer hul veg vir stemreg met +'n groot lawaai. + +Intussen pak die stormwolk al +op Tafelberg; +en anderkant die water is +'n leeu vererg +wat nog in sagte woorde-klou +sy naels verberg. + +Oom Gert is moeg van die tumult; +ryp is sy plan: +hy self met honderd ander storm; +gryp pote van +die stoele, en slaan op kop en lyf +so wat hul kan. + +Die helde vlug na alle kant +die deurpoorte uit. +Van lae galery vlug hul +deur vensterruit, +totdat 'n al te dikkert daar +op half-lyf stuit. + +Oom Gert laat hom dit dugtig op +sy sitplek voel. +Die dikkert skreeu sy buitevriend: +"o Pull, John, pull!" +Oom Gert die slaan; die dikkert roep: +"o Help, John, pull!" + +[A] 'n Beskrywing van die stemreg-agitasie. + + +XIII + +Is 't oorlog?... In oom Koos se huis +woel almal net om klaar te kry. +Daar word geslag weer en gebak, +en buite voor die agterdeur +trek reeds die seuns die bokwa reg +om op te pak. + +Die harte voel nie lekker nie, +die woorde het angstig-min geword-- +soos steeds by donker voorbesef, +by die vergeefse angsgevraag +van hoe en waar +die ontwaakte lewenslot sal tref. + +Lughartig praat 'n enkele seun +hoe hy die Engelsman sal skiet, +maar moeder maan: My kind, my kind! +Die seun wyk willig vir die woord, +want, ja, daar was 'n kleinigheid +wat hy nog aan sy saal wou bind! + +Dis amper klaar... Daar kom hul aan, +die burgers van die omtrek, want +oom Koos die is nog veldkornet... +Straks staan hul, teuel in die arm +en met geboë hoof, +want een gaan voor in smeekgebed. + +Die vrouens staan effens opsy, +met arrems oor mekaar gevou, +nou dat hul taak is afgedaan. +Nou kan hul eers hul smart besef, +en enkle droog met voorskoot-punt +al die eerste oorlogstraan. + +Dan skuif en skok, met gang en draf, +die burgers op hul perde weg-- +dit lyk somaar 'n mengelklomp! +Maar tussen hulle flikker-blits +geweldig in die lenteson +die blinkgemaakte mauser-tromp! + +Oom Gert wat hom meer tuis voel by +dié ruiterskaar--hy het oom Koos +sy krygsmansdiens al aangebied-- +die luister hoe die jongspan in +hul oorlogsblydskap sing +die klanke van 'n oorlogslied: + + +XIV + +Kom, burgers, trek die perde reg: +nou vrou en kind goeien-dag geseg! +Jongkêrels, los die nôi se hand; +en seuns, verlaat jul moeders, want +daar gaan 'n strydroep deur die land! +Gryp nou die teuels bymekaar-- +die vierkleur is weer in gevaar! + +Die regterhand gryp die visier, +die bors oorkruis 'n bandelier; +die spore in die sonskyn blink, +stiebeuels teen mekaar weerklink, +die ketel aan die saal rinkink. +Kom, burgers, hou nou bymekaar-- +die vierkleur is weer in gevaar! + +Laat aan die trippelaar sy pas, +maar hou die vuurge hingste vas. +Die agterstes moet ingalop +tot binne-in die ruiter-trop-- +die ponie en die bossie-kop. +Kom, burgers, ry so bymekaar-- +die vierkleur is weer in gevaar! + +Trek burgers, almal nou geteld, +al voort maar deur die wye veld, +en of jul al omlaag verdwyn +of op die heuwels weer verskyn-- +wys altyd weer die slingerlyn. +Kom burgers, trek so bymekaar-- +die vierkleur is weer in gevaar! + +Jaag, burgers, jaag oor rant en rots +wanneer jul teen die vyand bots. +Ruk in, spring af en pos gevat +aan die onwrikbre ryperd-blad. +Mik fyn, kyk waar die stoffie spat! +Staan, burgers, staan dan bymekaar-- +die vierkleur is weer in gevaar! + +En moet jul val, val dan met eer, +met die oog die vyand toegekeer; +val op die grense, man en perd, +die oue vierkleur is dit werd, +en die eerkroon wink al uit die vert. +Val burgers, val dan bymekaar-- +die vierkleur is weer in gevaar! + + +XV + +So sing die jonges vol van vreugde, +maar ag, oom Gert se hart is seer +as hy straks diep en dieper peinsend +gaan langs die slagveld van weleer. + +Dáár lê Majuba, donker kleurig, +sy sye een en al terras; +dis of die berg van alle eeue +vir wonderdaad geskape was. + +Daar lê Laingsnek; dis of Gods hande +dit vir 'n skanswerk uit wou bou. +En daar's Ingogo's kronkelbedding-- +net om die vyand op te hou. + +Daar's nog die wonderlike hoeke, +net om die vyand vas te keer; +maar ag, oom Gert voel nou so anders, +sy hart is onverklaarbaar seer. + +Hy sien nou oral groot kanonne, +hy weet nie of die ding sal gaan. +Die treine voer nou alle soorte +van wapens uit die hoofstad aan. + +Daar is hom ook so baie mense, +en baie goed word aangevoer; +voorheen was daar so min maar nodig: +'n ryperd, biltong en 'n roer. + +Dis nodig, ja, die tyd die vorder, +en daarom swyg hy maar en kyk. +Maar heel die Amajuba-wêreld, +alles wil hom so anders lyk. + +Tog leef hy weer, die troue krygsman, +al trek hy nou maar same net: +'n oorlogsperd die stamp en runnik +wanneer hy hoor die krygstrompet! + + +XVI + +Verlore!... +Die dag van stryd het mooi begin, +die burgers trek verwinnend in, +en boerename 't binnekort +oral 'n glorie-klank geword!-- +'n Pragtige môreglore! +Maar onder in oom Gert se hart +kom effens al, nog diep-verward, +'n fluisterstem na vore: +Verlore, verlore! + +Verlore!... +Die dag van stryd begin so goed, +Suid-Afrika lê aan hul voet... +Die Boer moet Afrika regeer! +Gryp gou, voordat die kans kan keer! +Buig uit die grense na vore!... +Maar nou kom daardie fluisterstem, +diep in oom Gert se bors geklem, +so duidelik na vore: +Verlore, verlore! + +Verlore!... +Rookwolke nader uit die suid +en sprei hul oor die aard-breedte uit; +oor Drakensberg se veil'ge top +skuif swaar 'n donderonweer op; +die storm sing in wilde kore! +Oom Gert se stemme, in hom bekneld, +kom nou daar buite op berg en veld +al donderend na vore: +Verlore, verlore! + +Verlore!... +Oom Gert die kon nie verder vlug, +en sit nou, met sy vrou, te sug +agter die ysterplate vas, +daar waar hy eertyds vryman was +en sy vryheid is wedergebore! +Die fluisterstem daarbinne kom +nou deur die ysterplaat weerom +as huilende windstem na vore: +Verlore, verlore! + +Verlore!... +Die dag van stryd hou lank nog aan-- +dis of die son nou stil gaan staan. +Maar eindlik roep hul rond: "Verby! +dis vrede, vrede weer, wees bly-- +al is die vryheid verlore!"... +Dan keer die wilde stem as sug +weer in oom Gert se hart terug; +en dring dan weer altyd na vore: +Verlore, verlore! + + +XVII + +Die oorlogsfakkel is gedoof, +en die oorlogskamp word oopgesluit. +Die nuwe tye, hooggeloof, +kom met gejubel, lank en luid. + +Die burgers kom van oral an +en raak al met hul lot versoen. +Maar net oom Gert, gebroke man, +wat sal hy in so 'n wêreld doen? + +Want ook sy troue vrou is dood-- +die lewe van 'n handjie meel +en van 'n brok genadebrood +was haar as boerevrou te veel. + +Willem, sy skoonseun--hy't vir hom +die boerdery eers waargeneem-- +is skout, en het nie teruggekom. +Hy's seker nou totaal vervreem! + +Oom Koos weer het sy grond verhuur, +en trek die hoë Bosveld in, +die Randse lewe is hom te duur +en skaadlik vir sy huisgesin. + +Maar Dina--waar is sy en wat? +sy die altyd skone boerevrou?... +Geheel verslingerd in die stad +en will'ge prooi van vreemdes nou! + +Wanneer oom Gert van Dina hoor, +verbysterd al deur smart op smart, +dan roep 'n dubb'le stem: "Verloor!" +en dubb'le swaard gaan deur sy hart. + +Geen antwoord is daar op die stem +wat vlymend deur sy siel nou gaan; +maar as die leed te vinnig klem, +roep hy: "Dit het die stad gedaan!" + +[Illustrasie: "Dié vaal-wit hopies dek hul bei, / vader en dogter, sy +aan sy!"] + + + + +Groue Grawe + + +I + +Dis heuwels, heuwels, heuwels net +sover 'n mens se oog kan speur: +maar heuwels sonder struik of gras, +en droewig-vaal soos as gekleur. + +Langes die heuwels staan 'n ding +soos die houtgeraamte van 'n huis, +waarbowe rust'loos wiele draai +wat die waentjies optrek met die gruis. + +Die heuwels is party al oud; +verlate en vasgereën party, +en storms het baster-klofies in +hul naakte ribbes ingesny. + +Die ander is nog in die maak +van poeiergrond of gruis nog grof; +en as die wind die fynes vat, +dan trek daar tuite stof. + +Die heuwels lyk soos duine wat +in blankheid rys aan verre strand-- +dáár rys hul uit die blou-diep see, +hier uit die aard se ingewand. + +Hier's ook 'n dreuning soos die dreun +van sagbewoë wêreldsee, +en winde wend, dan hier, dan daar +die dowwe dreuning met hul mee. + + * * * * * + +Maar waarom is die heuwels dan +so hoog en ook so bleek? +En waarom is die dreun so diep, +so droef nes een wat smartlik smeek?... + +Hul sê die duine aan strand is die +grafheuwels van wie sterwe in see; +en daardie droewe dreuning is +die klag van wees en weduwee. + +Maar hiérdie heuwels, heuwels dan +wat ook so hoog is en so bleek? +En hiérdie droewe dreuning dan +wat klaag soos een wat smartlik smeek?... + + +II + +'n Agtal jare is weer verby. +Die boereplase is opgebou, +die platjies is weer huise nou, +die woeste leegte 'n landery. +Gou ruk weer alles in verband-- +Suid-Afrika's 'n wonderland! + +Maar net oom Gert se lewe kwyn. +Sy hart is nie meer in die werk, +sy wank'le bene is al onsterk, +en ook die plasie word te klein. +Die lewensreggie, kort van duur, +wag net nog op sy sterwensuur. + +Wanneer hy die omtrek saans beskou, +hoedat die huis-tal groter word, +die vrydom steeds word ingekort-- +dan sê hy: "Ja, daar is dit nou! +Die vroeëre boere-paradys +is nou één molshoop, groot en grys. + +"Hier bly net hope en holtes lê: +die vreemd'ling kraak die neut in twee +waarvan hy ons net doppe gee, +maar al die neutvet dra hy weg. +Ons goud gaan na 'n vreemde strand-- +Transvaal bly lê: 'n armmans-land! + +"Die voorpos van die armes woon +in Blikkies-dorp se kronkel-sink +wat ver soos bottelstukke blink. +Hul lewe van 'n hongerloon +in huisies aanmekaar gepas +en jaartjies vol van steenkool-as. + +"Ag, arm Transvaal, waarvoor ek vrees, +jy't Afrika voorheen geroer +tot wakkerskudding van die boer-- +sal jy nie nou die laaste wees? +Jou heil'ge eersgeboorte-reg +word op die mark te koop geleg." + + +III + +Oom Gert het min verwagting meer. +Nog één ding hou hom aan die loop, +dit is die vleugie van 'n hoop +dat eens sy dogter weer sal keer. +Die droewe en tog verbede dag, +daar bly sy siel nou stil op wag. + +Sy hopie word hom aangesterk +deur 'n storie in 'n boek gelees: +"In Skotlands berge is 't gewees, +en 't was ook daar 'n stad se werk. +'n Eenge dogter in haar fleur +is uit die vadershuis geskeur. + +"Nie wetend waar sy swerwend gaan, +kon haar vader net nog bid. +Geen grendel is snags opgesit, +maar deur die deur wat opestaan, +flikker 'n kersie heelnag lang, +wat haar by weerkoms moet ontvang. + +"En ja, sy het eennag gekom! +Die trekking van die ver-oop deur, +en kersgeflikker deur die skeur, +die stille bede-heiligdom-- +ja die gebed nog allermees-- +was 't vir haar hart te sterk gewees?... + +"As sy haar vader wenend kus, +bars die oue ook in trane uit: +'My kind, die deur was nooit gesluit +en daardie kersie nooit geblus; +dáár het ek biddend, nag aan nag, +geduldig op jou koms gewag.'" + + * * * * * + +Maar ag, oom Gert se hart is bang; +want as die jaartal al maar slyt, +dink hy: "My hoop is ydelheid, +my wagte duur tog al te lang; +my lewensdaggie's netnou om, +en dan het sy nog nie gekom." + + * * * * * + +Die mense vier al Unie-fees!... +Hy, arme, sal ook maar gaan kyk +hoedat die nuwe wêreld lyk-- +wie weet, miskien sal sy daar wees! +Sy eensaamheid verlaat hy dan +en kyk die vreemde wêreld an: + + +IV + +Hoe mooi het al die stad geword! +Hoe slinger, soos 'n krans, omheen +die villatjies in keur van steen +en wisseling van boumodel! + +Hoe mengel hulle kleuretint, +van helder-wit tot donker-dof, +omlaag, omhoog; dis alles of +'n kunst'naarshand hul plek bepaal. + +Hoe groei die bome in die rots +en bloei die blomme in kleure sag, +vlak teen die rant se wilde prag, +asof dit nooit nie anders was. + +En dan, die golwende verskiet +van bulte en bosse, al deureen, +totdat die oë vasslaan teen +Magaliesberg, die groot blou reus. + +('n Bietjie goud maak baie mooi, +en--dis maar krummels van die groot, +uit louter goud gebakte brood, +wat na Europa word vervoer!) + +Ook saans nog wyk die mooiigheid +nie heeltemal nie, want dan blink +'n see van liggies; mens sal dink +die sterre 't uit die lug geval. + +Die stad self lyk nou een en al +koopmanspaleise opeengehoop, +waartussen al die mensies loop +wat vreselike drukte maak.-- + +Oom Gert sien niks van al die skoon. +Die agterbuurt, daar dink hy aan +waar die blikhuisies almal staan, +en alles vuil-armoedig is; + +bedink maar hoe die mense woel +waar huise en stof die son versper, +waar sawends skyn geen maan of ster, +en net die lampeskynsels blink. + +Hy sien skoorstene en steenkoolrook; +hy hoor die treine met hul haas; +hy hoor die myn se toeter blaas, +en 't gaan asof die aarde brul. + +Hy dink dan aan die myn-graf waar +die mense lewendig in kruip, +om soos erdvarke rond te sluip +vir bietjie geld en--longekwaal. + +Hy dink aan ander duisende +van mense, voorheen eerbaar-braaf, +vir wie die skandgraf word gegraaf +wanneer die goud rys uit die grond.-- + +Maar--daar is fees bo-op dié graf! +Nes die ou tyd waar oom Gert van lees, +dat mense hou 'n dansersfees +wanneer die "swarte dood" verwoes. + + +V + +_Die môre van die Unie-fees_ + +Oom Gert sien die soldate +in kakie langs die strate. +Hy sien die oorlogslans +se lintjies vrolik dans, +die sabels en gewere, +kanonne en helmet-vere, +op die paradebaan. +En agteraan?... + +Hy sien die oorlogs-wees +wat deelneem aan die fees-- +'n kinder-keurkommande +met skewe hoede-rande; +'n ganse skaar kadette +met roer en bajonette-- +al agteraan +op die paradebaan. + +_Die môre-godsdiens_ + +Vroom geklank! +Mense dank, +almal mede, +vir die vrede +'n Opperwese. +Want genees is +en verbonde +is al die wonde; +rassevete [B] +'s al vergeet. +Met veréénde klank +rys die vreugdedank! + +[B] Rassetwiste. + +_Die middag_ + +Hy hoor die geluid van juublend gesketter, +die vrolike klank van simbaal en trompetter, +gedra op die dreun van die oorlogstamboer +wat dond'rend soos onweer die harte kom roer. +Daar's wapenbeweeg wat yslik weerklink; +kanonwaens kom aan en kettings rinkink. +En hy hoor daarna: +Hoera! Hoera! + +Hy hoor die tred van die oorlogswees, +sy voete gedril vir die Unie-fees! +Hy hoor 'n gesang van sy lippe weerklink +as hy bly en verruk uit die feesbeker drink. +'n Hosanna gaan op uit die kindermond, +en die skare juig saam in die vrolike stond; +En hy hoor daarna: +Hoera! Hoera! + +_Die aand_ + +Vreugdevure deur die land... +Mense juigend om die brand! +Vreugdepyle gons omhoog +en ontplof hoog aan die boog; +bly-verwonderd bly die skaar +na die skitterkleure staar. + +Oom Gert gaan vroeg die aand na huis, +want een ding staan by hom nou vas: +dat hy nie in dié wêreld pas. +Hy het 'n beter dag geken +en is te oud om nog te wen +aan al die vreemdigheid +van nuwe koers en tyd. + +Hy slaap laat in met diep gesug, +en in sy droom kom weer terug +die wese op die paradebaan, +die kinders wat hosanna sing, +die mense wat mekaar verdring +om rond die vreugdevuur te staan. + +Ook kom hom deur sy droomnag speel +'n enk'le krygs- en kamptoneel; +'n moeder by haar kind aan waak, +'n stryder sterwend vir sy saak. + +En as hy opstaan kom die vraag: +My Dina, ja, was sy +ook dalk daarby?... + + +VI + +Dina se lewe val haar swaar. +Helaas, sy was die laaste tyd +haar blosende gesondheid kwyt, +en moes gedurig drankies koop. + +Sy het in 'n café gedien +waar sy gedurig reg moes staan, +die wit-gestyfde voorskoot aan +en haardos ydel opgetooi. + +Sy moes haar aangesig verkleur; +want al die glans van vel en oog +het met die jare weggedroog-- +só was haar blommesteel geknak! + +Sy moes daar staan en vriendlik wees +vir iedereen, al oor en oor, +ook as die kêrels met haar skoor +en stilletjies haar dinge sê. + +Saans word sy dikwels uitgevra +om na die bioskoop te kyk; +dan moet sy weer so sinlik lyk, +dat sy die jonkmans kan bekoor. + +Dan kry sy volop lekkers en +'n sitplek in die voorste ry; +dan is daar volop gekkerny +op die toneel en in die saal, + +totdat 'n ander lewensdag +in sondenag word uitgeblus; +die liggaam weer na late rus +moet deur die vroeë more heen. + +Hoe sweef dan om haar koors-gesig +die kuisheid van die môredou; +hoe pynig haar 'n naberou +wat al maar met die môre kom! + +Haar leë hart het sy so lank +uit singenot se kelk laat drink, +dit word haar aldeur volgeskink +en--tot die prys van hande goud. + +Tog bly haar hart gedurig leeg... +Sy sal die fees dan ook maar my... +Oom Gert soek haar vergeefs daarby... +Skyn-vrolik is sy nou nie meer!... + + +VII + +Ja, Dina was dié dag nie by +en ook nie bly... +God het haar eind'lik stil laat staan! +En omgewend?... + +Die aand versprei sy duister skerm +wanneer sy op die rante kerm +in haar ellend: + +"Ag, kon ek nog my sondedaad +as sondesaad +weer in my donker hart +terugontvang, +dan was my vrees, +my angs by awendswart +wis minder bang +gewees. + +Maar nou, nou het voorheen my hand +dit uitgeplant, +die eerste korrel van die kwaad. +En ieder jaar vermenigvuldig +die boom so kwaad +die sondesaad, +en maak my siel doodskuldig. + +Teen awendgrys +verrys +nou boom op boom, hul bly +soos donker plekke, +soos pikswart vlekke +dwars-teen my vinnig-aan +wegdonkerende hemel staan. + +En waar ek nou al dolend gaan, +hul staar my aan, +die bome; deur hul blare +hoor ek die nare +geruis van doem en dood-- +oneindig ver van my +en altyd naderby! + +Ek vlug verdwaald, verdwaas van sin, +benard, benoud +my donker woud +al dieper, dieper in!" + + +VIII + +Sal God dan Dina so laat staan?... +Sy wend haar voetstap al maar aan +op agterbuurtse sinkgebou +waar awenddienste word gehou... +Net kwyn sag weg 'n lied van dank +as sy gaan sit op verste bank. + +Wanneer die laaste galm verruis, +spreek sag die leraar van 'n Huis +daarbowe, wat veel wonings het, +die toevlugsoord van wat belas, +gedruk, verlaat, verlore was. + +Wees nie ontroer, voeg hy daarby, +as jul nog sondesmarte ly, +want daar hou juis die eng'le fees +om wie verlore hier mag wees. + +o Die oue, oue Bybeltaal, +by haar al lank verouderd al-- +dit sink soos eerste druppels reën +wat op 'n ou pad val. + +(Wat hoor sy nou! "Wees nie ontroer!" +Het God haar voete hier gevoer?... +Wat hoor sy! "Daar is baie plek." +Ook vir 'n sondares soos ek?... +Wat!... dat daar om verlorene fees +sal wees!) + +Dan volg 'n laaste smeekgebed +dat God barmhartiglik mag red +deur altyd-nuwe wekgeluid; +en daarmee gaan die kerkie uit. + +Sy stap die duisternis weer in, +maar dis vir haar 'n dagbegin; +dis of die sterre almal wink, +of die aandster bo die woning blink +waarin haar vader op haar wag. + +Dieselfde nag het sy besluit +om na haar vader terug te gaan. +Want as God haar nie weg wil wys, +dan neem 'n eie vader wis +sy enige dogter aan. + + +IX + +"Wie kom so laat nog na my huis?... +Ek hoor daarbuite 'n voetstap ruis."... +Die bo-deur swaai sag aan die kant. +Is dit die wind se onsigbre hand?... + +'n Kersie wikkel--hoe die deur +al saggies word opsy gebeur-- +en wend lig-golfies daar en hier +langs langvergane muurpapier. + +"Wie kom nou na my huis? Dis nag!" +Die grysaard nou geboë wag +en kyk, maar kan geen wese ontdek-- +totdat 'n stem kom: "Pa, dis ek." + +Dan doem traag uit die duisternis +'n beeld wat hom nóg eie is. +"My kind!... Oplaas!" en dan niks meer. +Sy val hom aan die voete neer. + +'n Vaderhart se medely-- +wat kom Gods liefde naderby? +God wat alreeds te wagte staan +as die "verlore seun" kom aan! + +Hy blik haar in die skuldige oog... +Die trane-sout 't al vasgedroog. +En sinlikheid aan 't wisselwyk, +van ver deur dowwe sluiers kyk. + +"My kind, dáár het ek neergekniel, +snags uitgestort my bitter siel; +dié deur het nooit nie dig gegaan, +en daardie kersie 't daar gestaan. + +"Nou kan ek sterf, my oog het nou +jou saligheid, my kind, aanskou." +Hy sien haar aangesig is bleek-- +'n skone spieël gekraak, gebreek. + +"Hoe is jou skoonheid van weleer +deur Gods geregtigheid verteer-- +die vlam wat ons nie sien nie, maar +waarvan ons net die as vergaar! + +"My kind, meteens my profesie, +van wat my oog gewislik nie +meer sal aanskou: die wederkeer +van al my volk tot God en eer. + +"Lê op my graf geen sooi met gras, +maar dek dit met die heuwel-as; +want daarso lê begraaf jou eer +en van die boervolk van weleer. + +_"Ja, daarom is die heuwels hoog, +en dáárom is hul skynsel bleek, +en daarom is die winddreun diep, +so droef soos een wat smartlik smeek!_ + +"Maar eens herleef die nasie weer, +waarvan ek sterwend profeteer. +Eens word die grys-blou heuwels klein +as God alleen weer groot verskyn!" + +Hul staar mekaar nog vraend aan +wanneer die dag al op wil gaan... +Dan sien sy hoe sy vinger wys +waar Perdekraal se heuwels rys! + + * * * * * + +Die digter het sy taak volbring. +Die sanger het sy lied gesing, +en wil met enk'le woorde nog +vermeld van stille beevaarts-tog; + +van hoe sy voet eerbiedig stand +hou by twee graftes op die Rand. +Dié vaal-wit hopies dek hul bei, +vader en dogter, sy aan sy!-- + + + + + +End of the Project Gutenberg EBook of Trekkerswee, by J.D (AKA Totius) du Toit + +*** END OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE *** + +***** This file should be named 16543-8.txt or 16543-8.zip ***** +This and all associated files of various formats will be found in: + https://www.gutenberg.org/1/6/5/4/16543/ + +Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online +Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net + + +Updated editions will replace the previous one--the old editions +will be renamed. + +Creating the works from public domain print editions means that no +one owns a United States copyright in these works, so the Foundation +(and you!) can copy and distribute it in the United States without +permission and without paying copyright royalties. Special rules, +set forth in the General Terms of Use part of this license, apply to +copying and distributing Project Gutenberg-tm electronic works to +protect the PROJECT GUTENBERG-tm concept and trademark. Project +Gutenberg is a registered trademark, and may not be used if you +charge for the eBooks, unless you receive specific permission. If you +do not charge anything for copies of this eBook, complying with the +rules is very easy. You may use this eBook for nearly any purpose +such as creation of derivative works, reports, performances and +research. They may be modified and printed and given away--you may do +practically ANYTHING with public domain eBooks. Redistribution is +subject to the trademark license, especially commercial +redistribution. + + + +*** START: FULL LICENSE *** + +THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE +PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK + +To protect the Project Gutenberg-tm mission of promoting the free +distribution of electronic works, by using or distributing this work +(or any other work associated in any way with the phrase "Project +Gutenberg"), you agree to comply with all the terms of the Full Project +Gutenberg-tm License (available with this file or online at +https://gutenberg.org/license). + + +Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg-tm +electronic works + +1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg-tm +electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to +and accept all the terms of this license and intellectual property +(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all +the terms of this agreement, you must cease using and return or destroy +all copies of Project Gutenberg-tm electronic works in your possession. +If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a Project +Gutenberg-tm electronic work and you do not agree to be bound by the +terms of this agreement, you may obtain a refund from the person or +entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8. + +1.B. "Project Gutenberg" is a registered trademark. It may only be +used on or associated in any way with an electronic work by people who +agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few +things that you can do with most Project Gutenberg-tm electronic works +even without complying with the full terms of this agreement. See +paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project +Gutenberg-tm electronic works if you follow the terms of this agreement +and help preserve free future access to Project Gutenberg-tm electronic +works. See paragraph 1.E below. + +1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation ("the Foundation" +or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection of Project +Gutenberg-tm electronic works. Nearly all the individual works in the +collection are in the public domain in the United States. If an +individual work is in the public domain in the United States and you are +located in the United States, we do not claim a right to prevent you from +copying, distributing, performing, displaying or creating derivative +works based on the work as long as all references to Project Gutenberg +are removed. Of course, we hope that you will support the Project +Gutenberg-tm mission of promoting free access to electronic works by +freely sharing Project Gutenberg-tm works in compliance with the terms of +this agreement for keeping the Project Gutenberg-tm name associated with +the work. You can easily comply with the terms of this agreement by +keeping this work in the same format with its attached full Project +Gutenberg-tm License when you share it without charge with others. + +1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern +what you can do with this work. Copyright laws in most countries are in +a constant state of change. If you are outside the United States, check +the laws of your country in addition to the terms of this agreement +before downloading, copying, displaying, performing, distributing or +creating derivative works based on this work or any other Project +Gutenberg-tm work. The Foundation makes no representations concerning +the copyright status of any work in any country outside the United +States. + +1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg: + +1.E.1. The following sentence, with active links to, or other immediate +access to, the full Project Gutenberg-tm License must appear prominently +whenever any copy of a Project Gutenberg-tm work (any work on which the +phrase "Project Gutenberg" appears, or with which the phrase "Project +Gutenberg" is associated) is accessed, displayed, performed, viewed, +copied or distributed: + +This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with +almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or +re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included +with this eBook or online at www.gutenberg.org + +1.E.2. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is derived +from the public domain (does not contain a notice indicating that it is +posted with permission of the copyright holder), the work can be copied +and distributed to anyone in the United States without paying any fees +or charges. If you are redistributing or providing access to a work +with the phrase "Project Gutenberg" associated with or appearing on the +work, you must comply either with the requirements of paragraphs 1.E.1 +through 1.E.7 or obtain permission for the use of the work and the +Project Gutenberg-tm trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or +1.E.9. + +1.E.3. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is posted +with the permission of the copyright holder, your use and distribution +must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any additional +terms imposed by the copyright holder. Additional terms will be linked +to the Project Gutenberg-tm License for all works posted with the +permission of the copyright holder found at the beginning of this work. + +1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg-tm +License terms from this work, or any files containing a part of this +work or any other work associated with Project Gutenberg-tm. + +1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this +electronic work, or any part of this electronic work, without +prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with +active links or immediate access to the full terms of the Project +Gutenberg-tm License. + +1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary, +compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including any +word processing or hypertext form. However, if you provide access to or +distribute copies of a Project Gutenberg-tm work in a format other than +"Plain Vanilla ASCII" or other format used in the official version +posted on the official Project Gutenberg-tm web site (www.gutenberg.org), +you must, at no additional cost, fee or expense to the user, provide a +copy, a means of exporting a copy, or a means of obtaining a copy upon +request, of the work in its original "Plain Vanilla ASCII" or other +form. Any alternate format must include the full Project Gutenberg-tm +License as specified in paragraph 1.E.1. + +1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, +performing, copying or distributing any Project Gutenberg-tm works +unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9. + +1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing +access to or distributing Project Gutenberg-tm electronic works provided +that + +- You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from + the use of Project Gutenberg-tm works calculated using the method + you already use to calculate your applicable taxes. The fee is + owed to the owner of the Project Gutenberg-tm trademark, but he + has agreed to donate royalties under this paragraph to the + Project Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments + must be paid within 60 days following each date on which you + prepare (or are legally required to prepare) your periodic tax + returns. Royalty payments should be clearly marked as such and + sent to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation at the + address specified in Section 4, "Information about donations to + the Project Gutenberg Literary Archive Foundation." + +- You provide a full refund of any money paid by a user who notifies + you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he + does not agree to the terms of the full Project Gutenberg-tm + License. You must require such a user to return or + destroy all copies of the works possessed in a physical medium + and discontinue all use of and all access to other copies of + Project Gutenberg-tm works. + +- You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of any + money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the + electronic work is discovered and reported to you within 90 days + of receipt of the work. + +- You comply with all other terms of this agreement for free + distribution of Project Gutenberg-tm works. + +1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg-tm +electronic work or group of works on different terms than are set +forth in this agreement, you must obtain permission in writing from +both the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and Michael +Hart, the owner of the Project Gutenberg-tm trademark. Contact the +Foundation as set forth in Section 3 below. + +1.F. + +1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable +effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread +public domain works in creating the Project Gutenberg-tm +collection. Despite these efforts, Project Gutenberg-tm electronic +works, and the medium on which they may be stored, may contain +"Defects," such as, but not limited to, incomplete, inaccurate or +corrupt data, transcription errors, a copyright or other intellectual +property infringement, a defective or damaged disk or other medium, a +computer virus, or computer codes that damage or cannot be read by +your equipment. + +1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the "Right +of Replacement or Refund" described in paragraph 1.F.3, the Project +Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project +Gutenberg-tm trademark, and any other party distributing a Project +Gutenberg-tm electronic work under this agreement, disclaim all +liability to you for damages, costs and expenses, including legal +fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT +LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE +PROVIDED IN PARAGRAPH F3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE +TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE +LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR +INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH +DAMAGE. + +1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a +defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can +receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a +written explanation to the person you received the work from. If you +received the work on a physical medium, you must return the medium with +your written explanation. The person or entity that provided you with +the defective work may elect to provide a replacement copy in lieu of a +refund. If you received the work electronically, the person or entity +providing it to you may choose to give you a second opportunity to +receive the work electronically in lieu of a refund. If the second copy +is also defective, you may demand a refund in writing without further +opportunities to fix the problem. + +1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth +in paragraph 1.F.3, this work is provided to you 'AS-IS' WITH NO OTHER +WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT LIMITED TO +WARRANTIES OF MERCHANTIBILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE. + +1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied +warranties or the exclusion or limitation of certain types of damages. +If any disclaimer or limitation set forth in this agreement violates the +law of the state applicable to this agreement, the agreement shall be +interpreted to make the maximum disclaimer or limitation permitted by +the applicable state law. The invalidity or unenforceability of any +provision of this agreement shall not void the remaining provisions. + +1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the +trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone +providing copies of Project Gutenberg-tm electronic works in accordance +with this agreement, and any volunteers associated with the production, +promotion and distribution of Project Gutenberg-tm electronic works, +harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, +that arise directly or indirectly from any of the following which you do +or cause to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg-tm +work, (b) alteration, modification, or additions or deletions to any +Project Gutenberg-tm work, and (c) any Defect you cause. + + +Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg-tm + +Project Gutenberg-tm is synonymous with the free distribution of +electronic works in formats readable by the widest variety of computers +including obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists +because of the efforts of hundreds of volunteers and donations from +people in all walks of life. + +Volunteers and financial support to provide volunteers with the +assistance they need, is critical to reaching Project Gutenberg-tm's +goals and ensuring that the Project Gutenberg-tm collection will +remain freely available for generations to come. In 2001, the Project +Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure +and permanent future for Project Gutenberg-tm and future generations. +To learn more about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation +and how your efforts and donations can help, see Sections 3 and 4 +and the Foundation web page at https://www.pglaf.org. + + +Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive +Foundation + +The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non profit +501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the +state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal +Revenue Service. The Foundation's EIN or federal tax identification +number is 64-6221541. Its 501(c)(3) letter is posted at +https://pglaf.org/fundraising. Contributions to the Project Gutenberg +Literary Archive Foundation are tax deductible to the full extent +permitted by U.S. federal laws and your state's laws. + +The Foundation's principal office is located at 4557 Melan Dr. S. +Fairbanks, AK, 99712., but its volunteers and employees are scattered +throughout numerous locations. Its business office is located at +809 North 1500 West, Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887, email +business@pglaf.org. Email contact links and up to date contact +information can be found at the Foundation's web site and official +page at https://pglaf.org + +For additional contact information: + Dr. Gregory B. Newby + Chief Executive and Director + gbnewby@pglaf.org + + +Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg +Literary Archive Foundation + +Project Gutenberg-tm depends upon and cannot survive without wide +spread public support and donations to carry out its mission of +increasing the number of public domain and licensed works that can be +freely distributed in machine readable form accessible by the widest +array of equipment including outdated equipment. Many small donations +($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt +status with the IRS. + +The Foundation is committed to complying with the laws regulating +charities and charitable donations in all 50 states of the United +States. Compliance requirements are not uniform and it takes a +considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up +with these requirements. We do not solicit donations in locations +where we have not received written confirmation of compliance. To +SEND DONATIONS or determine the status of compliance for any +particular state visit https://pglaf.org + +While we cannot and do not solicit contributions from states where we +have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition +against accepting unsolicited donations from donors in such states who +approach us with offers to donate. + +International donations are gratefully accepted, but we cannot make +any statements concerning tax treatment of donations received from +outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff. + +Please check the Project Gutenberg Web pages for current donation +methods and addresses. Donations are accepted in a number of other +ways including including checks, online payments and credit card +donations. To donate, please visit: https://pglaf.org/donate + + +Section 5. General Information About Project Gutenberg-tm electronic +works. + +Professor Michael S. Hart was the originator of the Project Gutenberg-tm +concept of a library of electronic works that could be freely shared +with anyone. For thirty years, he produced and distributed Project +Gutenberg-tm eBooks with only a loose network of volunteer support. + + +Project Gutenberg-tm eBooks are often created from several printed +editions, all of which are confirmed as Public Domain in the U.S. +unless a copyright notice is included. Thus, we do not necessarily +keep eBooks in compliance with any particular paper edition. + + +Most people start at our Web site which has the main PG search facility: + + https://www.gutenberg.org + +This Web site includes information about Project Gutenberg-tm, +including how to make donations to the Project Gutenberg Literary +Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to +subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks. |
